Fil:WIKITONGUES- Roussow speaking Afrikaans.webm

Fra Wikisida.no
Hopp til navigering Hopp til søk

WIKITONGUES-_Roussow_speaking_Afrikaans.webm(filstørrelse: 43,7 MB, MIME-type: video/webm)

Denne filen er fra Wikimedia Commons og kan brukes av andre prosjekter. Beskrivelsen fra filbeskrivelsessida vises nedenfor.

Beskrivelse

Beskrivelse
English: This video was recorded in Cape Town during Wikimania 2018.
Afrikaans: Opname-transkripsie:
Hallo! Ek is Rossouw. Ek is huidiglik [vgl. tans] hier in Kaapstad by Wikimania 2018 [twintig-agtien]. Ek is oorspronklik 'n boorling van Windhoek af. In Windhoek spot hulle partykeer ons Engels is Namlish, ons Afrikaans het miskien 'n bietjie van 'n Duitse klank aan dit [vgl. daaraan], die aksent. Maar ek wil graag tog dink my Afrikaans is so, so natuurlik soos dit kan wees. Natuurlik omdat ek heelwat jonger is as baie van die groot literatuurfigure, en ek wil amper sê die goue era van Afrikaans, praat ek miskien 'n bietjie meer argaïese gemak ... minder van 'n argaïese, gemáklike weergawe van die taal. Ek dink daar's 'n paar goeters wat Afrikaans baie spesiaal maak − dit is my moedertaal − ek dink ons is miskien in vergelyking met [vgl. soos] die Italianers is ons geneig om baie handbewegings en beskrywings te doen. En dan die een ding wat ek altyd vind − baie naby aan Hollands − is dat ons baie geneig is om beskryflike woorde aanhoudend te gebruik. So ons sal 'n sinstruktuur maak en net aanhou beskryf: "Die ronde geel bal wat vinnig oor/om die vloer gaan." Ja, dit is nou nie 'n baie goeie voorbeeld daarvan nie, maar net die idee van ons het uiters baie beskryflike [vgl. byvoeglike] naamwoorde, beskryflike [vgl. beskrywende] woorde wat ons bysit.
   My ouers is beide Afrikaans, en ek het in Windhoek skoolgegaan tot en met derde graad ... drie was Afrikaans die enigste taal. Daar is 'n privaatskool wat net Afrikaans doen. Ek dink, en ek kan reg of verkeerd wees met my statistiek, maar dat Namibia per capita, per duisend mense, die meeste Afrikaans praat in die wêreld. Botswana is natuurlik 'n ander plek wat hulle baie Afrikaans praat, en dan snaaks genoeg het ek gehoor van boorlinge wat ... mense vanaf Suid-Afrika wat lank terug al terug Argentinië toe getrek het. Snaaks genoeg, my ma was altyd vreeslik erg oor litera... Afrikaanse literatuur, ouens soos N.P. van Wyk Louw, Breyten Breytenbach, ander ouens van die sewentigsjare [vgl. sewentigerjare] af, en sy was altyd ook baie streng gewees oor taalgebruik − so, altyd vir my gesê wanneer ek verkeerd praat, wanneer ek te veel Engelse woorde gebruik. En dis eintlik vir my 'n jammerte om dit vandag te sien, dat jy in self[s] baie offisiële joernaliste baie maklik geneig is om Engelse woorde te gebruik, of dit nou op radio is, of dit op tv is, of dit op die internet is. Ja, so, ek sal [is] baie gretig om Afrikaans so veel as moontlik wikipedia edits te maak, wysighede [vgl. wysigings] te maak, en ek try ... en ek probeer soveel as moontlik bylas, maar dit is moeilik. Vir een, ek is amper meer gewoond om Afrikaans te praat as wat ek gewoond is om Afrikaans te skryf. En, die gemeenskap van Afrikaanse wikipedia is nie baie groot nie, maar hulle doen baie uitstekende werk. Ja ek dink ek gaan hiermee afsluit om vir julle te sê: Afrikaans bestaan ook en hier het ons darem nou al 'n argiefvoorbeeld daarvan.
Dato
Kilde Eget verk
Opphavsperson Bogreudell

Lisensiering

Jeg, rettighetsinnehaver av dette arbeidet, publiserer det herved under følgende lisens:
w:no:Creative Commons
navngivelse del på samme vilkår
Denne filen er lisensiert under lisensen Creative Commons Navngivelse-DelPåSammeVilkår 4.0 Internasjonal.
Du står fritt:
  • til å dele – til å kopiere, distribuere og overføre verket
  • til å blande – til å endre verket
Under de følgende betingelsene:
  • navngivelse – Du må kreditere verket på passende vis, lenke til lisensen og indikere hvorvidt det har blitt gjort endringer. Du kan gjøre det på enhver rimelig måte, men ikke på en måte som antyder at lisensgiveren støtter deg eller din bruk av verket.
  • del på samme vilkår – Dersom du remikser, omarbeider eller på annen måte bygger på dette verket, må du kun distribuere resultatet under den samme eller en samsvarende lisens som denne.

Bildetekster

Legg til en kort forklaring på hva filen representerer
Rossouw, who grew up in Windhoek, Namibia, supplies an archival sample of Afrikaans at Wikimania 2018.

Elementer som er med i denne fila

motiv

video/webm

Filhistorikk

Klikk på et tidspunkt for å vise filen slik den var på det tidspunktet.

Dato/klokkeslettDimensjonerBrukerKommentar
nåværende10. jan. 2019 kl. 21:39 (43,7 MB)wikimediacommons>BogreudellUser created page with UploadWizard

Den følgende siden bruker denne filen: